1960 GROEP - BIOGRAFIE MARIETTE GERTENBACH (GEB. WATERMEYER)

Mariette stuur haar storie via 'n e-pos boodskap 1 April 2010:

Na Matriek het ek vier jaar aan die Universiteit van Stellenbosch studeer (BA SOD) en as onderwyseres gekwalifiseer.  My eerste onderwyspos was by Stutterheim waar ek Afrikaans gegee het.  In 1966 is ek by die Hoërskool La Rochelle in die Paarl aangestel en in April van daardie jaar is ek met Faf Gertenbach getroud.  Aan die einde van 1966 is hy gelegitimeer as predikant in die NG kerk.

Die gemeente waar hy in die bediening was, was as volg:  Upington-Oos (1967-1972);  Bulawayo (1972 - 1975);  Vliegopleidingskool Dunottar as kapelaan (1975 - 1979);  Parowvallei - die gemeente waarin in ek grootgeword het, as jy dit kan glo (1979 - 1985) en Despatch (1984 - 2000).  Ek was voltyds betrokke by gemeentewerk en het nooit weer voltyds gewerk nie, behalwe af en toe wanneer skoolhoofde my gevra het om vir 'n kwartaal of wat te kom aflos.  Die bediening was altyd my eerste prioriteit.

In Maart 2000 het Faf afgetree en ons het na Jeffreysbaai verhuis.  My ma (nou 92) het haar huis verkoop en byna agt jaar lank by ons ingewoon.

Diegene wat in die Laerskool Parow was, sal haar dalk onthou - sy was jarelank die klasonderwyseres van die Engelse st 2-klas.  Einde 2007 het sy 'n woonstel betrek in die Eedenglen Aftreeoord en 'n jaar later het ons ons huis verkoop en ook 'n huis in dieselfde aftreeoord gekoop.  Ons bly steeds op baie terreine betrokke en my man is nou al drie jaar deeltyds in die bediening by Humansdorp Moedergemeente.

Ons het twee getroude kinders:  'n dogter met 'n seuntjie van nege wat in Despatch woon en 'n seun met twee seuntjies wat in Durbanville woon.

Ek sluit 'n foto van ons gesin en 'n foto van my ma in.

[Faf verjaar 1 013.jpg]

[Mamma 1.jpg]








2000-2010
Reunions
2010 Reunion
Class of 1960
Next
Biography
2011-2020
Reunions
Next
Section





(format is mm/dd/yyyy)