1960 GROEP - BIOGRAFIE CECILE LAMBRECHTS (GEB. SPENGLER)

Cecile stuur haar storie via 'n e-pos boodskap 14 Januarie 2010:

LEWENSVERLOOP:  OPSOMMING
Cecile Lambrechts (Spengler)
.

Na vyf sorgvrye JJ du Preez-jare is ek in 1961 na die Universiteit van Stellenbosch om as ’n LO-onderwyseres te kwalifiseer.  In 1965 het ek ’n pos by die Meisies Hoërskool in Worcester aanvaar.  Hierna is ek, glo dit as julle wil, na ons ou Alma Mater, JJ du Preez, waar ek tot aan die einde van 1969 die kinders met LO, sport en wetenskap op hul tone probeer hou het.  Mnr Bekker was steeds die skoolhoof gedurende daardie tyd.  My laaste jaar in die onderwys was in 1970 by die Hoërskool Tygerberg.

Aan die einde van 1970 is ek getroud met met Johan Lambrechts en ons op Stellenbosch gevestig.  Daar is ons twee kinders, Elsabé in 1972 en Altus in 1976, ook gebore.  In 1977 verhuis ons na Pretoria waar ons steeds in dieselfde huis in Erasmusrand woonagtig is.  Ons kinders bly albei naby ons en is ook werksaam in Pretoria.  Daar is tans drie kleinkinders met ’n vierde een wat aan die begin van Maart verwag word.  Vakansies word nog oor al die jare steeds op Franskraal deurgebring.

Met die genade van Bo geniet ons nog goeie gesondheid en sien daarna uit om die reünie saam met van die 1960-klasmaats te geniet.








2000-2010
Reunions
2010 Reunion
Class of 1960
Next
Biography
2011-2020
Reunions
Next
Section





(format is mm/dd/yyyy)