KARIBA TOUR ARTICLE 1:

1960 School Magazine Article.
(Links to other sections at bottom of this page.)

"Van die Toerleiers
Die Kariba-toer, deur ons skool georganiseer, was 'n reuse sukses.  Nie alleen omdat ons nuwe werelde kon bereis en vergesigte kon beleef nie.  Nee, nie omdat ons geskiedenis gemaak het om die eerste skole toergroep te wees om op die oewers van die dam kampeer nie.  Veel meer, ons het bewys dat ons jeug reg is.  Daarvan getuig die lofuitinge van doe persone met wie on op die pad kennis gemaak het.  Ons seuns en dogters se gedrag was onberrispelik, hul hulpvaardigheid en bereidswilligheid bo verwagting.  Ons het bewys dat ons van Hoerskool JJ du Preez een van sin en een van wil is, ten spyte van ons onderskeid.

Ons, die organiseerders, en hulle, toesighoudende onderwysers, wil die toeriste se ouers verseker dat u kinders ons veel vreugde gegee het.

Ons vertrou dat die grootste geleentheid hulle die nietige en bygaande in sy werklike waardeloosheid en verbygaande aard teen die agtergrond van die ewige natuurwonders en die sukses van die menslike vernuf sal laat sien en daardeur tot ryker en voller mense sal ontplooi.
MNR. C MYBURGH"





Previous
(Archives) Item
Tour
Index
Next
Article
Next Tour
Item
Next
(Archives) Item
Next
Section







(format is mm/dd/yyyy)