TRIBUTE TO FORMER STAFF MEMBER
JOHANNES STEPHANUS (Fanie) LABUSCHAGNE
:


[1959-04- Leerlingraad-js-labuschagne.jpg]

R.I.P.
21/09/1929 - 24/02/2010

And here is a tribute sketch by Colin Langeveld:

[jsl-fanie-colin-l.jpg]

I show here the tribute document as prepared by Fanie's daughter Ettie at the memorial service on 28th February 2010.  (I have corrected only certain errors which were the result of the computer "conversions" of the original document.)

Laaste Dankies:  Voordat ek begin, wil ek net twee, miskien drie dankies byvoeg by Marius se lys:

Ons as kinders, wil vir Anne dankie sê vir die vreugde en lewensgenot en pure plesier wat sy vir ons pa gebring het in sy laat-jare.

Ons wil dankie sê dat Anne, wat ons pa lief gehad het, hom lief genoeg gehad het om ook ons broer Willem in hul huwelik toe te laat.

Ons wil dankie sê dat Anne ons pa in hierdie laaste amper jaar van regtig siek wees, so sorgsaam versorg en ondersteun het.  Ons is haar so dankbaar.

Ek en Rykie wil ‘n spesiale dankie sê aan Marius, Groot Zorada en Jani – en in haar afwesigheid aan Elsie – dat hulle ons oudste suster Ellen Anne vrygestel het van al haar verantwoordelikhede in Bloemfontein, sodat sy hierheen kon kom en nie net ons pa nie, maar ons almal te kon kom ondersteun in hierdie laaste tien dae van sy lewe.

Marius, baie dankie.

Groot Zorada en Jani:  julle moes groot dinge sonder julle ma hanteer, maar ons is julle oneindig dankbaar daarvoor.

Van my kant af wil ek my Michael – wat tans in Swede is – bedank vir sy ongelooflike ondersteuning die afgelope drie weke.  Hy het letterlike alle huisverantwoordelikhede oorgeneem, sodat ek op my pa kon fokus.

And a very special thank you to our Gloria – our angel at home – who not only keeps house for us, but also counsels me on many issues.  Thank you, Gloria, for your love and support in this time – and your genuine love for Oupa Fanie over the years.

En dan: ons suster Zorada – wat vandag die orrel speel.  Sy volg in die voetspore van haar ouma Lappies (ons pa se ma) wat nie net vir Gill (haar tweede seun wat t e jonk gesterf het) se begrafnis gespeel het nie, maar ook vir di’e van haar man.

Rykie, jy prys die Here met die orrel op ‘n manier wat ons jou nie kan nadoen nie (maar wat ons jou soms beny);

Rykie, ons het nie regtig ‘n idee wat dit jou emosioneel kos om hierdie diens te begelei nie (veral nie n’a gisteraand se konsert nie), maar ons dank jou daarvoor.

HULDEBLYK: SONDAG 28 FEBRUARIE 2010:
JOHANNES STEPHANUS (Fanie) LABUSCHAGNE.

Ek sou vandag ‘n kort lewenskets van ons pa kon bied.  Ek sou kon noem dat hy reguit van Mrs Du Toit se Kindergarten op Graaff-Reinet na std. 2 in Union High geskuif het.  Ek sou kon noem dat hy op vyftien matriek geskryf het, en dus te jonk was om universiteit toe te gaan – dat hy ‘n jaar lank by die tandarts op Graaff-Reinet moes werk voor hy op sestien Wits toe is om Tandheelkunde te gaan studeer.

Ek sou kon praat oor hoe dankbaar baie, baie oud-leerlinge is dat hy toe nie ‘n tandarts nie, maar ‘n onderwyser geword het.

Ek sou kon praat oor sy dae in Uitenhage, in Johannesburg, in Kaapstad, Heidelberg, Port Elizabeth en toe weer Kaapstad.

Maar ek glo my pa was soveel meer as sy loopbaan.  En ek glo almal wat hom regtig geken het, sal saamstem dat dit sy opregte belangstelling in mense, in die kunste, in filosofie, in die klassieke tale en kulture; sy groot liefde vir kinders, en sy intens persoonlike verhouding met God hom die soort mens gemaak het oor wie mens beswaarlik ‘n “kort lewenskets” kan gee.

Om di’e rede, en omdat my pa baie verskillende dinge vir baie mense was, sou dit aanmatigend van my wees om op my eentjie ‘n huldeblyk oor my pa te probeer saamstel.

Reeds vanaf middel verlede jaar – in die maande voordat ons my pa se tagtigste verjaarsdag kon vier, het daar vanuit baie monde ooreenstemmende woorde van waardering en agting en dank gekom as huldeblyk aan ons pa;  Anne se geliefde man;  ons ma – Zorada – se geliefde geesgenoot en maat;  ‘n geliefde seun, broer, oom, neef, oupa, mentor en vriend.

Ek haal graag ‘n paar mense aan:

Anne Labuschagne (ons pa se tweede vrou): “Die 8 jaar saam met Fanie was die gelukkigste tydperk in my lewe.”

Yvonne Wright (ons pa se oudste suster):  “I remember Fanie doing inspection at Grey Junior School and a colleague of mine asked her class what they made of this gentleman’s visit.  The comments started with his courtesy and his interest in them and the way he listened to what they had to say.  Some bright spark remarked on how very neat he was and that his tie went well with his shirt and suit.  Another mentioned that his shoes shone so that he could see his face in them.  ‘And, Miss, he even polishes his hair! Did you see how it shone?’”

Robin Wright (geliefde swaer, en mede-Latyn-liefhebber): “This text I was given for you:  ‘The children of Thy servants shall continue and theirr seed shall be established before Thee’.  I trust that this is true not only for your literal descendants but also of those pupils with whom you had a deeper relationship and in whose souls you placed a spark upon which the Breath of God has blown.”

Sol McCabe (ons pa se jonger suster):  “My favourite Fanie story occured at the home they rented in Cape Town.  Upon hearing a commotion outside as two guys were arguing most vehemently, Fanie thought it best to intervene before it became violent.  He approached them in his commandingly grave manner, remonstrating that there were better ways of reconciling their differences.  At the end of with they responded with:  “Ja, dominee. Naand, dominee.”
En: Fanie epitomised everything of lasting value.”

Groot Willem (ons pa se jongste boetie):  “Brother Stefaans taught me that even the most emotional issues could be discussed rationally.”

Elsa Shaffner (ons pa se geliefde jongste niggie):  “Fanie was van kleins af my liefste neef.  Hy was een van die volrondste mense in my lewe!”

Jani Swart (jongste Bloemfonteinse kleinkind):  Ek dink Oupa was een van die slimste mense ooit.”

Middel-Marius Swart (middelste Bloemfonteinse kleinkind):  “Oupa se kennis en insig het my verstand nog altyd te bowe gegaan.”

Groot Zorada Swart (oudste Bloemfonteinse kleinkind):  Van die vroegste wat ek onthou is ons kuiers by Oupa.  So halfpad deur die kuier gaan haal Oupa altyd ‘n stukkie biltong of dro”e wors uit daai wynkas in die voorportaal.  Daar is iets amper misterieus aan daardie kas wat sulke lekker eetgoed te voorskyn kan bring.
En: Dis Oupa wat ons leer kappertjies eet het – in sy sprokiestuin.

Roelof Temmingh (jongste Stellenbosse kleinkind):  Dankie vir al die stories, kennis en liefde wat Oupa altyd vir ons almal gegee het.

Zoiki Temmingh (oudste Stellenbosse kleinkind):  Ek het gehoop Oupa sal my kinders se oupagrootjie kon wees.

Emma Williams (jongste Kaapse kleinkind):  Whenever we came to Oupa’s house I was so excited to see his beautiful smile.

Anki Williams (oudste Kaapse kleinkind):  Ek ken niemand anders wat al soveel boeke gelees het nie.

Zoi / Rykie (ons pa se geliefde middelkind):  “My pa was iemand wat geglo het in Plato se drie hoekstene van ‘n beskaafde samelewing:  die soeke na waarheid, goedheid en skoonheid.
“My pa het die gawe van maklik liefh^e gehad – of dit sy gesin of uitgebreide familie was, of dit ‘n verdwaalde diertjie of ‘n frustrerende bedelaar was.  Liefde en aanvaarding was altyd sy eerste outomatiese reaksie.
“My pa bly die een enkele grootste invloed in my lewe.”

Sussie/ Ellen Anne Swart (ons pa se geliefde oudste dogter):  In Pappa se verpleging en versorging van wonde het hy vir my so ‘n pragtige voorbeeld gestel.  Die “blou koffertjie” met al die salf en pleisters, was soos ‘n towerkis met helende kragte.  Ek onthou die koshuiskinders op Heidelberg wat laatmiddae in ‘n ry voor die studeerkamerdeur kom staan het, met:  “Meneeg, hier iewers was ‘n muskietbyt op my been ...” sodat hulle ‘n bietjie TLC kon kry.  En hoeveel dorings het “Meneeg” nie met sorg uit ‘n hakskeen gegrawe nie!
Pappa se kosbaarste nalatenskap vir my is sy liefde vir die Here en sy kennis en insig in die dinge van God.  As beelddraer van God het hy dit vir my makliker gemaak om die Here te leer ken, lief te he en te vertrou.

Marius Swart (eerste skoonseun):  Pa het gesê: “Jy bêre en bedien jou beste wyn vir jou gesin/familie.  Moet dit nie bêre om eendag dalk vir onbekendes te gee wat jy hoop om daarmee te beindruk nie."
En: Gaan julle mense dan nie tee maak nie?”

Ettie – dis nou ek, die jongste:  “Ek onthou ‘n oggend in Graaff-Reinet.  Pappa het ‘n vars beet uit die grond gehaal;  dit net daar onder die kraan by die makoudam afgespoel en dit toe met sy knipmes in dun skyfies gesny en ges^e:  Proe.
As ek aan my Pappa dink, dink ek aan boeke en boeke;  dink ek aan goeie rooiwyn;  dink ek aan paisley-dasse;  aan mooi juweliersware;  aan sjokolade, adamsvye en persimmons.  Dink ek aan biltong, bordkryt, die geur van platgetrapte Karoobossies en kaneel.  Dink ek aan die reuk van materiaalpleisters, kalkpille en Savlon-salf.  Dink ek aan yskoue water in ‘n erdekraffie.  Dink ek aan boekwinkels, platewinkels en biblioteke;  die reuk van effens gemufte ou boeke.  Dink ek aan onvoorwaardelike liefde en egte belangstelling in mense.

Michael Williams (die Engelse skoonseun):  Fanie, you are a gentleman and a scholar!  You embraced this Englishman who courted your youngest daughter, in the same way you embraced all the young people that grew up in your care when you were the principal in Heidelberg;  You shared with me your love of fine red wines, philosophical conversations and chess, in the same way that you touched so many people’s lives with your insight and knowledge.  You listened to me, really listened to me, as you did to all your children and many others too, who found in you a space where they could speak freely.

What is the heaven that God has rewarded you with, I wonder?  Could it be a palace full of books, where beautiful music soars, with children running to you with their stories of bruised knees, with a cellar of red wine that never runs dry and the company of angels who smile at your droll, often wicked, sense of humour.  Oh, it will be far more than this I’m sure, but for me, I see you there, content and at peace.
Go well, Fanie, you are missed by us all…

Broer Willem (ons pa se eersgebore seun):  My ma se man - meneer Lappie – hy was ‘n goeie ene.  Hy is nou in die Koninkie se buurt.



RIP Myburgh &
vd Westhuizen











(format is mm/dd/yyyy)