2011 REUNION FEB/MAR 2011

14 November 2011:  I have NO idea what happened wih this reunion!!!!!

04 January 2011:  second message from Bertie:

Goeiemiddag vriende,
Gisteraand het ek vir Katie gesê dat as iemand gedurende ons skooljare van die jaar 2011 gepraat het, het jy diegene met verwondering aangestaar asof hy of sy van 'n ander planeet afkomstig was, want daardie jare was sulke jaartelling nie eens in “time traveller” flieks gebruik nie — dit was eenvoudig te vêr in die toekoms. Nou ja, nou het dit aangebreek en die wesens uit die buitenste ruimte het ons nog nie verslind of ontvoer nie — soos die “comics” van destyds vertoon het.

Met hierdie skrywe wens ons julle almal 'n baie voorspoedige en geseënde 2011 toe. Mag al die drome wat julle elke jaar moes uitstel, nou waar begin word.

Met hierdie epos het ek 'n spesiale adreslys saamgestel van mense wie nog nie laat weet het dat hulle nie belangstel in die 60-jarige partytjie wat ons vir Februarie/Maart 2011 beplan nie. Na dese sal 'n gebrek aan reaksie beteken dat die ontvanger van die epos nie belangstel nie, aangesien reëlings nou spoedig getref sal moet word.

Aangeheg is 'n dokument wat Esté Kaltwasser vir my aangestuur het omtrent 'n plek met die naam Pat Bush Private Nature Reserve — Robertson. Vir die wie dit nog nie weet nie, Esté is Katie se jongste dogter en sy het goedgunstiglik vir my die navrae gedoen, waarvoor ek baie dankbaar is, want dit is moeilik om so iets vanaf Johannesburg te reël sonder hulp soos dié van Esté.  [WEENS TEGNIESE REDES KON EK NIE DIE DOKUMENT HIER WYS NIE - BUTCH]

Volgens Esté is daar is nie veel plekke wat 'n groep van ongeveer 30 mense gelyktydig kan akkommodeer nie. Dus moet ons baie vinnig besluit voor die plek nie meer beskikbaar is nie. Dus sal ek baie graag teen die einde van Vrydag, 7 Januarie 2011, wil weet wie werklikwaar belangstel. Tot dusver kan ek seker maar met veiligheid sê dat die volgende mense heel moontlik sal belangstel:



Die geleentheid is nie beperk tot die ’69 matriekklas nie, en daarom sluit ons weer — soos met voorverlede jaar se reünie — diegene wie ons gedurende ons skooljare geken het in asook ons kinders — dit as hulle nou met ons wil kuier. Indien daar dus name uitgelaat is, stuur die epos boodskap vir hulle aan en kopieer my ook sodat ek net kan weet wie ek moet byvoeg.

Laat weet dus teen die einde van Vrydag, 7 Januarie 2011, wie belangstel om by ons aan te sluit.

Groete,

Bertie

08 December 2010:  Bertie bezuidenhout sent me an email today regarding another "reunion" he is planning.  Here is the text of Bertie's email message  (later messages follow below):

Goeiedag vriende,
Ons, die 69-matrieks, is al weer aan die beplanning vir kuier-geleentheid vir volgende jaar, so teen Februarie of Maart, en wil graag weer 'n uitnodiging rig aan ander oud-skoolmaats wie ons gedurende ons skooljare geken of kon geken het, om by ons aan te sluit. Soos met verlede jaar se reünie, sluit dit ook familielede in, en hierdie keer ook ons kinders. Omrede 'n groot groep van ons volgende jaar ons 60ste verjaardag vier, het ons besluit om dit 'n 60-jarige partytjie te noem. Op hierdie stadium dink ons aan 'n naweek geleentheid waar ons klomp saam by 'n oord in die Robertson of Montagu gebied byeen gaan kom vir 'n kuier naweek. Dié naweek gaan nie gedurende 'n skoolvakansie wees nie, want met sulke tye kan verblyf duurder raak. Verder gaan ons 'n plek probeer kry vir ongeveer 30 mense, tensy ons baie vroeg verneem van 'n groter getal mense wie werklikwaar belangstel om by ons aan te sluit.

Indien julle weet van enigeen anders wie ook sou belangstel in die boodskap, stuur dit gerus aan.

Laat weet dus so spoedig moontlik of julle belangstel, want met die verloop van die tyd sal ek die adres-lys stelselmatig korter maak namate ek geen reaksie van mense op die huidige lys ontvang nie.

Groete

Bertie

Tel: 086-111-5697 Faks: 086-623-6759 Sel: 083-415-5037 e-Pos: corporate@agulhascorp.com










Reunions Next
Section





(format is mm/dd/yyyy)