2008 REUNION MATRICS OF 1968

7 Augustus 2009:  UITEINDELIK - 'N PAAR FOTOS - na die berig hieronder!!

24 March 2009:  AT LAST - I've received some feedback!!  The following was written by AMANDA FARMER and sent to me by Les du Preez (class of 1967)  (Hopelik sal daar nog ook so paar fotos aan my gestuur word!!!!):

REüNIE 2008-11-01:
Die klas van 1968 het gedurende die naweek van 25-27 April 2008 reünie gehou.
Wat ‘n belewenis!
Van die 62 leerders het 27 die naweek bygewoon.  Die meeste het hulle ander helftes saam gebring en was ons 66 siele wat saam gekuier het.
Ons het die volgende onderwyser en hul gades ook by ons gehad:
Mnr van der Westhuizen
Juf du Toit (tik)
Mnr Lambrechts (Lampies)
Juf Spengler (L.O.) (getroud met ou Lampies)

Ons het die Saterdagoggend in die personeelkamer van ons Alma Mater bymekaar gekom.  Dit was ‘n gegons en gelag van ‘n ander wêreld!!
Die meeste van ons het so verander dat ons mekaar aanvanklik nie herken het nie (veral die mans!!!)  Fanti wat so stil ou soet seuntjie op skool was, het ons almal verras en het ons omtrent laat skater.

Die Saterdagaand het ons by “The Mount” ‘n restaurant in Durbanville geeet en dit het so lekker gegaan dat Melanie Muller vir ou Van der Westhuizen vir ‘n dans tussen die tafels deurgeneem het!!

Sondagoggend het ons ‘n kerkdiens in die Moedergemeente in Tiervlei bygewoon en Frikkie Louw het vir ons die preek waargeneem.

Na die diens is ons na die ou Handelskool toe waar al die ereborde wat in J.J. se saal gehang het, nou opgehang is. Leslo du Preez wat ‘n jaar voor ons matriek geskryf het is onderwyser daar en hy onderhou al J.J. se argiefmateriaal.

Ons het daar saam gekuier tot en met die middagete wat ‘n heerlike spitbraai was wat Piet Louw vir ons gereël het. Ons het die middag so by 5 uur eers uitmekaar gegaan met baie beloftes dat ons baie gou weer so iets moet aanpak.!!


To view the photos, click on the "Fotos" link below.



2000 to 2010
Reunions
Fotos Next
Reunion
Next
Section










(format is mm/dd/yyyy)