RE-UNIE 2000 TERUGVOERING:
'n (geredigeerde) Brief van oud-onnie Johan Slabbert:
"3 Oktober 2000, Strand:
Beste Butch,
(First paragraph edited out)
Ek was bly ons kon toe die funksie bywoon en weer gesels met al die bekendes van my eerste onderwysjare. Dit was klaarblyklik 'n hoogs geslaagde naweek en jy en jou komitee het eer aan die werk wat julle gedoen het. So baie het ook teenoor my hul waardering betuig vir julle poging. Baie dankie dat jy ook moeite gedoen het met die onderwysers en al was daar min het ons ook mekaar se geselskap baie geniet. Ons was jammer dat ons vroeg moes loop, maar ek weet jy sal verstaan.
Soos beloof stuur ek 'n bydrae vir die fonds wat hopelik sal oorbly nadat julle rekenings betaal is, en gebruik kan word vir die volgende re-unie.
Hartelike groete,
(geteken)
Johan Slabbert"
(format is mm/dd/yyyy)