Last Reunion December 1991:

2016-03-08:  Here is what Les du Preez, the main force behind the reunion, remembers:

Aan die einde van 1991(Desember), met die sluiting van die skool, het ons besluit om ‘n bring-en-braai te reël by die skool en alle oudskoliere te nooi.
Ons het met die SAUK (Radio Goeie Hoop) gereël om reklame te maak vir hierdie geleentheid, wat hulle dan ook goedgunstiglik gedoen het. Die resultaat was ‘n baie groot opkoms!
Die aand was ‘n reusesukses. Dit was ‘n windstilaand met die rook van die vure wat direk hemelwaarts getrek het.  Die vuurmaakplekke is in ‘n halfmaan gepak en die oudskoliere is as volg in groepe ingedeel: 1931-1950, 1951-1960, 1961-1970, 1971-1980 en 1981-1991. Die 1931-1950-groep was aan die Kaapse kant en die 1981-1991-groep in die rigting van Bellville.
Verblydend was die groot aantal oudskoliere van die jare 1931-1950. Baie van hulle het mekaar vir die eerste keer weer gesien! En het hulle nie lekker gekuier nie. (Daar was natuurlik ook drank betrokke!!!!.)
Jacques Tredoux (broer van Tiervlei se tandarts dr. Paul Tredoux) het ‘n groep georganiseer en die skoollied uit volle bors gesing!! Selfone was daar ongelukkig nie, met die gevolg dat feitlik geen foto’s geneem is nie! Net Norman Coetzee, matriek 1964 en ons eerste Cravenweekspeler, waarvan ek weet, het foto’s geneem.
Die reünie was ‘n reusesukses. Mnr Pieter van der Westhuizen se opmerking by die reünies was altyd: Mag die gees van JJ du Preez altyd volhoubaar wees!!!!

If you'd like to share your thoughts on that day, please email me - my email address is on the "Contact Me" page.  Below are the photos taken by Norman Coetzee (1964)::






Please help with the missing names!!!
If you have photos taken that day please let me have them!!!

[1991-last-reunion-01.jpg]





[1991-last-reunion-02.jpg]









[1991-last-reunion-03.jpg]





[1991-last-reunion-04.jpg]








Reunions
Page
Next Reunion
Decade
Next
Section

Next
Section













(format is mm/dd/yyyy)