HAMLET IN AFRIKAANS 1953:
(Koppelings na ander blaaie en seksies onderaan hierdie blad.)

Bladsy 51, 1972 Herdenkingsuitgawe van die jaarblad, onder die afdeling "1953":


"Saterdagaand, 29 Augustus, het ons met die opvoering van Hamlet in Afrikaans 'n hoogtepunt bereik wat voorwaar as een van die glanspunte in ons skool se annale sal pryk en wat ons altyd met dankbaarheid en regmatige trots sal onthou.

Die opvoering was onder die regie van mnr. Jan van Zyl van ons personeel en die rolverdeling was soos volg:

Claudius, Koning van Denemarke Merwen Rousseau
Gertrude, Koningin en Hamlet se moeder Santie Swart
Hamlet Jan van Zyl
Polonius, Hoofraadsman van die Koning Dawie Maritz
Horatio, Hamlet se vriend Donald Wait
Laertes, Polonius se seun A. B. van der Merwe
Ophelia, Polonius se dogter Charlotte Vercuiel
'n Spook, die gees van Hamlet se oorlede vader Earle Loxton
Osric Charlie Myburgh
Priester Earle Loxton
Marcellus - soldaat André Cornelissen
Bernardo - soldaat Daniel Jacobs
Francisco - soldaat Abraham Arangies
Proloog Christaan Botha
Toneelkoning Jay Solomon
Lucianus Orland Firmani
Grafdelwer Louis Pienaar
Hofdame Anette Louw
Hofdame Charlotte Hough

Ongeveer ¾ van die dramatis personae het vir die eerste keer aan 'n opvoering deelgeneem.  Mnr. Jan van Zyl het nie alleen die spelleiding waargeneem en die vernaamste rol vertolk nie, maar hy was ook hoofsaaklik verantwoordelik vir die decor en die kostumering.  Hierin is hy getrou en op bekwame wyse bygestaan deur mnre. Meyer en Maritz, Bernie Liebenberg, Paul Bester en Kenneth Lycett en deur mej. Meyer en mev. Atkinson, terwyl mej. C. A. Malherbe opgetree het as souffleuse.  Mej. Meyer veral het 'n belangrike aandeel gehad wat kostumering betref, maar mnr. Van Zyl was die krag en die besieling van die hele onderneming."



Klik op 'n spesifieke foto vir 'n groter weergawe met 'n beskrywing.  LET WEL: die groter fotos mag 'n ruk neem om te verskyn indien u 'n stadige Internet-konneksie het.



        [1953_hamlet_1ctn.jpg]
Hamlet 1
        [1953_hamlet_2ctn.jpg]
Hamlet 2







Previous
Section
Hamlet
Index
1961
Opvoering
Next
Section







(format is mm/dd/yyyy)